In this issue
INHOUD BL
Voorwoord 1
Brandbestuursplanne 2
WOF Produksie 2
WCUFPA 2
Weskus Distrik Munisipaliteit 2
GCFPA Membership 3
Are you fire ready? 3
Assistance – Citrusdal 4
Conclusion 4
Waar ons aan die einde van 2023 gekom het, wil ek as voorsitter van die oomblik gebruik maak om ieder en elk te bedank vir hul ondersteuning, bydraes en positiewe gesindheid, wat van hierdie vereniging ʼn groot sukses gemaak het, ook in hierdie jaar. Alhoewel dit n Covid vrye jaar was, gaan ons nog steeds gebuk onder die negatiewe impak van beurtkrag, asook n verswakkende ekonomiese klimaat. Dit is my wens dat ons almal mekaar sal help en bystaan en ondersteun waar moontlik. Die vooruitsig vir die seisoen vanaf die Suid Afrikaanse Weerdiens is vir n bo – gemiddelde warm somer. Ek wil dus n beroep doen op almal om paraat te wees en alle brande so gou moontlik te rapporteer om enige groot vure te voorkom.
Weereens wil ek ook dankie sê aan al ons personeel van die GCBBV, wat weereens n groot bydrae agter die skerms gelewer het om van hierdie vereniging n groot sukses te maak. Dankie ook vir al hul hulp en ondersteuning wat hulle aan al ons lede gebied het in hierdie jaar.
Weereens baie dankie aan die Working on Fire span, onder die bestuur van die vereniging, wat seker gemaak het dat ons lede binne hierdie bestuurseenhede voldoen aan die wetlike verpligtinge wat van hulle verwag word. Spesiale dank ook aan ons vennote wat ons help met die implementering van geïntegreerde brandbestuur.
Ek wil afsluit deur almal ʼn geseënde feestyd toe te wens en ʼn voorspoedige 2024 vir almal. Geniet die feestyd saam met jul geliefdes en wees veilig waar julle julself mag bevind.
Bertus Senekal
Brandweerhoof (Weskus Distrik Munisipaliteit) en
Voorsitter.