In this issue
1. VOORWOORD
2. WCUFPA
3. BRANDBESTUURSPLANNE
4. WoF PRODUKSIE
5. PORTERVILLE GAAN KANADA TOE
6. OPLEIDING
7. ARE YOU FIRE READY?
8. SANTAM SKENK TOERUSTING
9. AL GEHOOR VAN ‘ DROP A PIN”?
10. SEISOENALE VOORSPELLING
11. GCFPA MEMBERSHIP
12. LUGONDERSTEUNING
13. FIRE LINE SAFETY
14. AFSLUITING / CONCLUSION
Nog ’n jaar kom tot einde en ek voel dis net gepas om ’n oomblik stil te staan en te reflekteer. Waar ons as lede van die GCBBV steeds vasgevang is in die greep van die landwye pandemie wil ek almal bedank vir jul toegewyde ondersteuning en die absolute waardevolle samewerking wat ons beleef. Die pandemie, asook die voorafgaande droogte, het ʼn impak gehad op elkeen van ons. Dit is nou belangriker as ooit dat ons as ʼn vereniging moet saamwerk om verdere rampe en katastrofiese vure te verhoed en die impak daarvan tot die minimum te beperk.
Na ‘n paar goeie reënval seisoene kan ons nie anders as om dankbaar te wees nie. Maar, soos die somer nader kruip en ons dae al hoe warmer begin raak, raak die realiteit van vure ook meer. Daarmee saam kom die verhoogde risiko vir meer, groter brande as gevolg van ‘n groter brandlading. Dus is dit my pleidooi dat, soos met vorige jare, ons nie op ons louere sal rus nie, maar aanhoudelik pro-aktief sal wees. Gee uitvoer aan bestuursplanne, sorg dat noodnommers aan almal beskikbaar is, rapporteer enige teken van rook of brande so gou as moontlik, en kom ons poog om alle brande wat opeiendomme begin so gou as moontlik onder beheer te bring en te blus.
Soos vorige jare sal daar weer ʼn brandverbod in werking wees van 1 Desember 2021 tot 30 Maart 2022. Rapporteer alle ongemagtigde vure so gou moontlik. Slegs deur middel van almal se samewerking kan ons brande rapporteer, blus en probeer verhoed dat dit verander in megavure wat skade aan eiendom, boorde en gewasse kan veroorsaak – of dalk nog erger, tot lewensverlies kan lei.
Ek wil ook die personeel van ons Porterville kantoor bedank vir hul volgehoue en toegewyde diens wat hul lewer en aanhou lewer het al was ons binne die pandemie krisis. Aan al ons lede wat tans besig of in proses is om koring te stroop, gewasse aan te plant, of voorbereidings tref om te oes wil ek alle voorspoed en sterkte toewens en mag u die vrugte pluk van u harde werk!
Laastens wil ek vir almal ʼn Geseënde Feestyd toewens saam met u gesinne en families. Indien u weggaan, ry versigtig en kom veilig terug na u wonings.
– Bertus Senekal, WKDM Brandweerhoof / GCBBV Voorsitter