Die GCBBV wil Dankie sê

Daar het op Dinsdag 3 Maart ’n wegholveldbrand uitgebreek buite Porterville op die gasteplaas Laatson. Die brand het vinnig versprei  teen die hange van die Winterhoekberg, wat talle eiendomme bo-op die  berg bedreig het.

Die Weskus Distrikmunisipaliteit (WKDM), die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging (GCBBV)met ’n Working on Fire (WoF) span, en Cape Nature was gou op die toneel in ’n poging om die brand te keer.  Die WKDM het ook dadelik lugondersteuning ingebring wat op daardie tyd redelik skaars was weens die brande in die Kaap.  Die brand is uiteindelik teen Donderdag 5 Maart grotendeels onder beheer gebring. Vuurlyne wat steeds opvlam as gevolg van winderige weersomstandighede en die ouderdom van die veld het genoodsaak dat die vuurlyn dag en nag opgepas moes word deur die GCBBV, Cape Nature en WoF spanne. Brandbestrydings- hulpbronne was die afgelope week onder swaar druk weens talle ander brande wat terselfdetyd in verskeie plekke in die Wes-Kaap gewoed het.

Die GCBBV wil graag die volgende instansies en persone bedank vir hul ondersteuning:  Porterville Hotel, Kwaggas Take-Aways, Johan Loubser, Porterville Spar, Porterville USave, Christelle Griffiths, Minette Burger, die gemeenskap van Porterville en die grondeienaars in die Porterville distrik vir hulle bystand met waterkarre, bakkiesakkies en personeel.  Spesiale dank ook aan die Riebeek Valleigemeenskap, Riebeeck-Wes Spar, Ute Krumbok, Jaco van der Merwe, Danie Joubert, Liezel Olivier, Francie Kruger,  asook Kobus Lotter en die eienaars van Mama Cucina vir die vervoer en aflewering van die kos, water en koeldrank.

“Die ondersteuning van die publiek is van onmeetbare waarde in tye soos dié”, sê  Rudolf Andrag, GCBBV voorsitter. “Ons waardeer die bystand en donasies.”