Wees Brandgereed vir 2014/2015 Brandseisoen

Wees Brandgereed vir 2014/2015 Brandseisoen

Deur Marietjie Valentine

Met die Brandseisoen wat weer in November begin wil die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging (GCBBV) almal aanraai om betyds die nodige voorsorg maatreëls te tref om soortgelyke brandskade wat grondeienaars onlangs in die Vrystaat ervaar het te voorkom.  Daar is  4 mense dood terwyl duisende diere verbrand het terwyl duisende hektaar weiveld ook afgebrand het.

Die GCBBV se doel is om brande te voorkom en die impak daarvan te verminder – dit word gedoen deur geïntegreerde brandbestuur toe te pas. Dit sluit in aspekte soos bewusmaking, koördinering, vermindering van brandstofladings, verbeter brandgereedheid en vroeë waarnemings van brande terwyl brandspanne beskikbaar is brandpaaie te maak.

Brande kom reeds so vroeg as Oktober voor en dus bestaan die moontlikheid daar dat dit weer ‘n besige brandseisoen gaan wees.  Daarom moedig die GCBBV grondeienaars aan om die volgende in plek te sit voor einde Oktober;

  • Raak ‘n lid by die GCBBV – sodat ‘n kundige raad en advies kan ontvang om u risiko’s te bestuur;
  • Verseker dat u versekering ook brandverspreiding bevat – dit sal u in staat stel om wel lugondersteuning te ontbied om skade aan naburige eiendomme te voorkom;Hou jou plaaslike brandgevaar indeks-lesings (FDI) dop en pas jou werksaamhede daarvolgens aan;
  • Skep veilige areas rondom boorde, landerye, huise en infrastruktuur – dit voorkom dat skade aangerig word maar skep ook veilige areas vir die Brandweer om in te werk;
  • Doen stappe om soveel as moontlik personeel op te lei in brandbestryding;
  • Sorg dat toerusting beskikbaar en in ‘n werkende toestand is – ook oor naweke;
  • Verseker dat brandbane gemaak is en dat hoë risiko gebiede geïdentifiseer en die areas beveilig is;
  • Die plaaslike brandweer moet altyd eerste gekontak word;
  • Hou noodnommers altyd byderhand;

Diegene wat nog nie brandvoorkomingsmaatreëls in plek gestel het vir die brandseisoen nie, word aangeraai om met hul plaaslike BBV in verbinding te tree.

BRAND NOODNOMMERS:

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT                                                       022 433 8700

KAAPSE WYNLAND DISTRIKSMUNISIPALITEIT                                021 887 4446

GCBBV KANTOOR (Kantoor-Ure)                                                               (023 004 0219)

 

Comments are closed.