Nieuwoudtville Grondeienaars raak Brandgereed

Nieuwoudtville Grondeienaars raak Brandgereed

Deur Marietjie Valentine

Tydens 21 tot 24 Julie 2014 is daar ’n Basiese Brand bestryding opleiding kursus aan lede van die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging (GCBBV) in die Nieuwoudtville Plato aangebied.

 Eienaars van Nieuwoudtville het in Desember 2013 groot verliese gelei tydens ’n weghol veldbrand wat van 18 – 22 Desember 2013 gewoed het toe talle tee plantasies, fynbos en lyndrade verwoes is.

Nieuwoudtville se gemeenskap het begin saamwerk en is besig om alle nodige stappe te neem om gereed te wees vir die volgende Brandseisoen wat voorlê.

Deel daarvan is om hulle personeel te laat oplei in brandbestryding sodat hul vinnig kan optree as vure wel sou ontstaan. Die kursus is befonds deur die Groter Cederberg Biodiversiteit Korridor se “Small Grant Fund” en is gekoördineer deur die GCBBV personeel.    Die kursus was aangebied  deur Huibert van der Toorn, Besturende Direkteur van Phamgela Skills in Knysna en twee van sy personeel, Roy Mclein en Alister Aries.

50 Personeellede van verskillende plase  en 15 van die Suid Bokkeveld se Kleinboere het die kursus bygewoon.

“Ek het dit baie interessant gevind, die kursus was baie goed aangebied, die prakties en die teorie, ek het dit baie geniet, ek was baie beïndruk dat die mense wat nie kon lees en skryf ook geakkommodeer was”, so sê Nicolette Muller van Oorlogskloof Natuurreservaat.

“Ek het die kursus bygewoon en was ook baie beïndruk deur die aanbieding en inhoud van die kursus. Die toets wat voor en na die kursus geskryf is toon hoe dringend ons almal hierdie opleiding nodig het. Met die hoë brandgevaar op die Bokkeveld Plato moet ons opgelei en gereed wees. Lewens word in gevaar gestel sonder goeie opleiding, so ons waardeer die bystand van die Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging en die Groter Cederberg Biodiversiteit Korridor se “Small Grant Fund”, so sê Mandy Schumann.

Die kursus behels die basiese stappe en voorsorgmaatreëls tydens brandbestryding en ook watter voorsorgmaatreëls om te tref vir brandvoorkoming. Elke kandidaat het ’n  brandplak ontvang wat noodsaaklik is tydens die bestryding van ’n brand. Hulle word ook  die verskillende gebruike van die brandplak geleer en die spesifieke style vir gebruik as daar ’n grasvuur of fynbos vuur bestry moet word. Die vaardigheid oor hoe om in groepe te werk met ’n brandplak is ook op klem gelê. Die kandidate is ook touwys gemaak oor hulpverlening indien enige iemand beseer word tydens enige brand wat mag uitbreek.

Die GCBBV wil graag net Hantam Nasionale Botaniese Tuine, Nieuwoudtville Landbouvereniging, Papkuilsfontein, Noel Oettle en Johan Burger van CapeNature se Groter Cederberg Biodiversiteits Korridor, bedank vir hulle hulp en bydrae  wat gehelp het om hierdie kursus moontlik te maak.

Besoek ons web-tuiste www.cederbergfpa.co.za en facebook bladsy om demonstrasies van die opleiding te besigtig.

Comments are closed.