GCBBV FDI Bewusmaking Bord

 

Groter Cederberg Brandbeskermingsvereniging FDI Bewusmaking Borde

 

Kontak die Groter Cederberg BBV by 022 931 2083 om jou bestelling te plaas vir ‘n FDI bord. Die wyser op die bord kan gestel word om die FDI op ‘n spesifieke dag te kan aandui. Die metaal bord is in A1 grootte (600x840mm) en sal maklik teen mure vasgesit kan word. Dit is ideaal om by kantore, store, kampeerterreine en toerisme ontvangs areas op te sit. Daar word ook voorsiening gemaak dat die bord u eie identiteit behou deur u plaasnaam en of toerisme fasiliteit¬†se naam daarop te laat aanbring, asook u eie logo.

Koste beloop R700 per bord.

Bestellings vir die borde moet asb die GCBBV kantoor bereik teen 21 April 2017 en kan per e-pos gestuur word na admin@cederbergfpa.co.za

Die inisiatief sal verder bydra dat ons mense en besoekers se bewustheid rakende brande verhoog ten einde ongeluk vure te voorkom en te beperk.

Comments are closed.